Yep WC tag or rankings means nothing.
Little bit of info on the du Toits from Kloovenburg. Sorry afrikaans.
‘n Nuwe generasie Du Toit’s word in die Kloovenburg Wyn- en Olyflandgoed buite die klein dorpie, Riebeek-Kasteel, sowat 80km noordoos van Kaapstad gekweek.
Riebeeck-Kasteel is nou bekend vir sy tafeldruiwe, olywe en groot blonde blouoog lywe.
Kloovenberg is die tuiste van Suid-Afrika se bekendste rugbyfamilie, die Du Toits.
Pieter-Steph, wie die 20e verjaar het, al in 62 toetse gespeel, en was al Wêreldrugby en SA se Speler van die Jaar.
Die legende het begin met Piet ‘Spiere’ du Toit, ‘n suksesvolle boer en kragman wie in 14 toetse vir Suid-Afrika gespeel het.
Hy was klein van postuur teen 95kg, maar sy gesspierde lyf en tegniek het hom goed te staan gekom die donker kuns van voorry-spel.
Hy het in twee wentoetse en ‘n gelykoptoets teen die All Blacks gespeel en sy seun Pieter klubrugby in die Swartland.
Pieter onthou ‘n leer-rugbybal wat sy pa van oorsee gebring het. Dit was sy sekuriteitskombers, sy gelukkige bal. Dit het een aand aand in die vuur geval maar sy pa het dit gered.
Sy seuns, Pieter-Steph (29), Johan, die WP flank (26), Anton (24) en Daniel (22) het almal vir Swartland uitgedraf.
Anton is heelagter van Maties in die Varsitybeker en volgens sy pa baie belowend.
Die jongste, Daniel, het vir Huis Marais, ‘n koshuis by Maties uitgedraf.
Johan is die beste jagter van die vier, Anton studeer medies en is die beste tennisspeler van die vier en Anton het die beste besigheidsbrein.
Die stories is legio, maar Pieter
som dit goed op: “Ons is familiemense, plaasmense en rugbymense - in daardie volgorde.”